Jesus Christus se Wederkoms is hier -
is jy gereed vir die ewigheid?

Jesus Christus is die Seun van God wat aarde toe gekom het om die sondes van mense weg te neem.

Het jy Hom al Here van jou lewe gemaak?

Het jy geweet daar is lewe na die dood?

Op die webwerf gaan 'n paar vrae beantwoord word. Vind gerus meer uit.

Dit is die wederkoms van Jesus Christus om die gelowige Kerk te kom haal. Die Heilige Gees gaan van die aarde af verwyder word sodat die antichris kan oorneem. Solank die Kerk hier is kan die antichris nie oorneem nie, want die Kerk, geïnspireer deur die Heilige Gees, stop die antichris om oor te neem deur aanhoudende gebede en lofprysing tot God. Lees meer oor die wegraping.

Ja, na aanleiding van die tekens van die tye is die wederkoms van Jesus Christus basies hier. Dis nou 2000 jaar sedert Hy gekruisig is en ons is nou in die generasie wat gebore is ten tye van 1948, die datum wat Israel weer ‘n nasie geword het. Miljoene Jode het weer teruggekeer na Israel in die laaste 2 jaar. Dis weens die feit dat God die mensdom regmaak vir die wederkoms van Jesus Christus. Lees meer oor die wederkoms van Jesus hier.

Dis die tyd wat die antichris sy Een Wêreld Regering gaan opsit met sy Merk van die Dier op/in die mense se voorkoppe en/of regterhande. Dit gaan 7 jaar wees waarin almal wat nie die antichris gaan aanbid/gehoorsaam nie, doodgemaak gaan word. Ons weet reeds hierdie tipe sisteem bestaan reeds in China. Enigiemand wat teen die Chinese Regering opstaan word onmiddelik geëlimineer. Dit gaan net ‘n miljoen keer erger wees as satan deur die antichris die wêreld gaan regeer. As God die tyd nie verkort het nie, sou geen vlees gered kon word nie. Lees meer hieroor op die res van die webwerf.

Jesus Christus is die Seun van God wat aarde toe gekom het om die sondes van mense weg te neem sodat hulle in ‘n familie (Vader) verhouding met God kan kom en in die hemel toegelaat kan word. Vind uit wie is Jesus Christus.

Om die mens, wat geval het onder sonde, weer vry te maak van sonde. Lees meer hieroor op die res van die webwerf.

Hy is die Skepper van alles.

Die Woord van God vir ons gegee sodat ons God en Sy weë kan leer ken. Dis die mooiste liefdes breief ooit geskryf. Dis God se liefdesbrief aan die mensdom.

Dit is die ewige lewe saam met God.

Dis die ewige lewe sonder God, verban uit die Heilige teenwoordigheid van God. Lees meer oor dit op die webwerf.

Deur Jesus Christus aan te neem as jou Here van jou Gees siel en ligaam, jou hele lewe. Dit kom deur wedergeboorte. Wanneer jy dit doen en Sy Woord hoor en dit doen, sal jy die Ewige lewe verkry.

Dit is wanneer jy jouself draai na Jesus toe en Hom vra om jou God te wees. Wat oombliklik gebeur is dat Hy jou ‘n nuwe gees binne-in jou skep, een wat sonder sonde is. Jou ou sondige gees sterf. En dis met hierdie nuwe geestelike liggaam dat jy in die hemel kan ingaan. Daarsonder kan jy nie in die hemel ingaan nie.

Jy kom tot bekering wanneer jy Jesus Christus as Here van jou lewe verklaar met jou mond en glo in jou hart dat God Hom uit die dood uit opgewek het, omdat Hy in jou plek gesterf het om jou sondes weg te neem (Romeine 10:9-10). Dit word ook weder geboorte genoem. Jy kry ‘n nuwe gees, die Heilige Gees skep ‘n SPLINTERNUWE gees in jou wat nog nooit voorheen bestaan het nie, die een is sonder sonde en word deur die Heilige Gees verseël tot die dag wanneer jy hemel toe gaan. Maar jy kan jou wedergeboorte status verloor, indien jy nie die Woord van God nakom nie. So let hierop. Lees meer hieroor op die webwef.

Deur hulle die gebed van verlossing te laat opsê. Dis basies om Romeine 10:9 te bid! 

Elke mens ooit gebore op die aarde gaan voor God staan en verantwoording moet gee oor hulle lewe. Indien jou naam nie in die Boek van die Lewe geskryf is in die dag van oordeel nie, sal jy in die ewige poel van vuur gegooi word waar jy vir ewig en ewig en ewig gepynig gaan gaan word om dat jy nie meer in God se teenwoordigheid sal mag ingaan nie. Lees meer op die webwerf.

5 2 Stemme
Article Rating
Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments